GOUE DROME WêRELDSTêRRE TOP 10

Die hoofdoel van die Goue Drome Wêreldstêrre treffersparade is om blootstellings- en bemarkingsgeleenthede aan alle opkomende talent regoor die wêreld te bied wat OORSPRONKLIKE radiokwaliteit werk opneem. Ons word ondersteun deur die internetradiostasie AFRIKAANS FM (www.afrikaansfm.co.za).

Wat word bedoel met OORSPRONKLIK?

'n Oorspronklike werk is 'n liedjie of instrumentale werk (net sekulêre musiek, geen Gospelmusiek nie) wat deur die kunstenaar self of spesifiek vir die betrokke kunstenaar geskryf is en nog deur geen ander persoon opgevoer of opgeneem is nie.

Wie mag deelneem? 

Enige persoon, wat oor 'n oorspronklike radio-kwaliteit opname van 'n sekulêre liedjie of instrumentale werk beskik, kan dit aanstuur vir oorweging aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

1. Swak opname-kwaliteit. Ons verkies MP3 teen minimum 128kbps.
2. Onaanvaarbare taalgebruik.
3. Gospelsnitte word nie aanvaar nie.
4. Wanneer iets anti-Christelik deel van die inhoud is.
5. Wanneer daar algemeen sosiaal onaanvaarbare inhoud is. Soos byvoorbeeld seks, goedpraat van dwelms of onaanvaarbare praktyke.


Alle genrés en tale word aanvaar. Maar omdat ons in wese Afrikaans is en ons op grond van ons liefde vir Afrikaans hierdie projek bedryf en Afrikaanse werk wil bevorder, behou ons die reg voor om te enige tyd ten gunste van Afrikaans ons voorkeure uit te oefen.

Hoe lank neem dit voordat jou snit ingesluit word by die treffersparade?

Elke kunstenaar wat deel word van die treffersparade moet weet dat dit bloot 'n stukkie bemarkingsgereedskap is.

'n Waglys van snitte word deur Goue Drome saamgrestel waarvolgens snitte die geleentheid kry om deel van die treffersparade te wees. Posisies op hierdie waglys word bepaal deur 'n paneel wat aangestel is om elke snit te beoordeel en wat op 'n puntebasis werk. 


Wanneer die snit uit die TOP 10 uitbeweeg, met ander woorde swakker as nr 10, is dit finaal uit die treffersparade. Van tyd tot tyd gebeur dit egter dat ou snitte, selfs baie, baie ou snitte weer geleentheid kry om terug te beweeg in die drukgang om dit 'n kans op 'n tweede lewe te gee of omdat daar genoegsaam rede bestaan om te glo dat die snit se volle potensiaal nie verwesenlik is nie.

Hoe werk die treffersparade?

Goedgekeurde snitte wat inkom, beland op nr 10 op die TOP 10 sodra 'n ander snit uitskuif. Voorts stem ondersteuners vir elke snit gekombineer met 'n paneel se stemme.

Hoe word die weeklikse posisies op die treffersparade bepaal?

Persone kan stem deur 'n sms met die kode GDW te stuur na 0824369790 met die titel van die snit of die nommer van die snit wat die stemmer in 'n beter posisie wil laat beland. Alternatiewelik kan via e-pos gestem word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Die onderwerplyn van die e-pos moet, soos in die geval van die SMS'e, begin met die kode GDW gevolg deur die nommer of die titel van die snit.

Die sluitingsdatum vir stemme is 12:00 (SA tyd) elke Dinsdagmiddag. Stemme open weer om 21:00 op Woensdagaande wanneer die nuwe treffersparade uitgesaai word.


Slegs een stem per week per snit word vanaf 'n selfoonnommer of e-posadres aanvaar. Met ander woorde die stemmer kan net een keer vir 'n spesifieke snit stem, maar kan ook vir enige ander snitte stem. Hy mag net nie meer as een keer vir dieselfde snit stem nie.

Gratis sms'e is meer as welkom aangesien ons geen inkomste maak uit sms'e nie.

Die rede vir die beperking op die aantal stemme is omdat dit nie sin maak om mense wat meer toegang tot sms'e het meer te laat stem net omdat hy of sy meer geld of groter sms-krediete het nie. Ons probeer mense beperk sodat hulle minimum misbruik van die stelsel sal maak. En ook om 'n meer sinvolle en gebalanseerde treffersparade te verkry.

'n Paneel wat bestaan uit mense wat deur Goue Drome gewerf is, stem ook weekliks vir die betrokke snitte. Die paneel se invloed word verwerk tot 'n punt uit 50% terwyl die sms-stemme die ander 50% opmaak. Dit help verder om die moontlikhede van oormatige stemme via sms te balanseer en 'n gebalanseerde trefferparade te bewerk.

GOUE DROME SPIRAAL-toekennings

Tot en met 2018 was die GOUE DROME WêRELDSTêRRE nie deel van die jaarlikse GOUE DROME SPIRAALTOEKENNINGS nie. Gedurende 2019 word beoog om die eerste toekennings te maak. Aankondigings hieroor sal mettertyd gemaak word. Onthou dus dat elke stem wat uitgebring word saam met die sms'e en e-posse 'n effek het op die Spiraaltoekennings wat elke jaar aan kunstenaars oorhandig word. Om die waarheid te sê, is dit in 99% van die toekennings die enigste basis is waarop bepaal word wie die toekennings ontvang.

Waar kan mens die treffersparade sien of hoor?

Die GOUE DROME WêRELDSTêRRE TOP 10 treffersparade word elke Woensdagaand om 21:00 (SA tyd) op Afrikaans FM (www.afrikaansfm.co.za) uitgesaai.

Direk na afloop van die uitsending word die treffersparade op ons Facebookbladsy by GOUE DROME WêRELDSTêRRE (WêRELDSTêRRE FACEBOOK) geplaas. Waar beskikbaar word skakels na die snitte geplaas sodat stemmers daarna kan luister.