MEER OOR GOUE DROME

By Goue Drome is ons ernstig daaroor om sangers en musikante te ondersteun om eie werk te skep sodat elkeen 'n unieke staanplek in die vermaaklikheidsbedryf kan kry. Ons doen dit deur geleenthede te skep vir ontwikkeling via ons WOW!-STêR talentaande asook deur blootstellingsgeleenthede via die GOUE DROME TOP 10 OOS-KAAPSTêRRE treffersparade, die GOUE DROME WêRELDSTêRRE TOP 10 treffersparade en die internet radiostasie AFRIKAANS FM (www.afrikaansfm.co.za). Ons bied ook jaarliks die GOUE DROME SPIRAALTOEKENNINGS gala-aand aan om diegene wat die heel beste presteer, te vereer. Deur alles help ons graag enigiemand en enige taal, maar ons ABSOLUTE voorkeur lê by die uitbreiding van veral die Afrikaanse musiekskat.