Die GOUE DROME NASIONALE TOP 10

GOUE DROME SE TALENT VAN MôRE:

NASIONALE TOP 10 VIR OPKOMENDE TALENT

OP PAD! 

Goue Drome is reeds etlike jare lank al bekend vir hulle pogings om talent, veral in die Oos-Kaap, aan die publiek bekend te stel. Nou neem Goue Drome die groot stap om alle talent aan die wye wêreld bekend te stel. En dit word gedoen op 'n baie spesiale manier.

Daar sal binnekort op hierdie bladsy 'n stemstelsel geskep word waar mense nasionaal kan stem vir oorspronklike snitte van talentvolles wat nog nie by platemaatskappye geaffilieer is nie. Dit sal dan lei tot 'n Nasionale Top 10 van snitte deur ons land se meees talentvolle kunstenaars wat op die punt is om deur te breek op nasionale vlak.

Hoe gaan dit werk?

Jy kan jou snit aan ons stuur en ons sal dit op die webblad plaas sodat besoekers daarna kan luister. Ons programmeerders sal toesien dat niemand die snit kan aflaai nie, dus sal ons jou ook in hierdie opsig beskerm sover dit binne ons vermoë is.

Besoekers sal dan kan stem vir alle snitte wat op die bladsy is en slegs die tien snitte wat die meeste stemme kry word op die NASIONALE TOP TIEN geplaas waar almal kan stem vir die beste tien snitte om te bepaal watter snit die heel beste in die land is. 'n Goue Drome Paneel het ook stemreg wat 'n sekere gewig dra en dit bepaal dan saam met die besoekers se stemme wat die finale posisie van elke snit is. Die snitte wat nie op die NASIONALE TOP TIEN is nie sal steeds geluister kan word en besoekers sal steeds ook vir daardie snitte kan stem om dit op die TOP 10 te kry.

Snitte wat in die nr 7 tot 10 posisie beland en die eersvolgende week nie daarin slaag om in posisie 1 - 6 te beland nie, val uit en maak plek vir 'n ander snit. Snitte wat voorheen op die TOP 10 was kan weer teruggestem word. Dus is daar altyd weer 'n moontlikheid dat jou snit weer die TOP 10 kan haal.

Uitnodiging aan talentvolles

As jy graag jou snit wil deel maak van die GOUE DROME NASIONALE TOP 10, stuur asseblief jou snit in MP3-formaat aan info@gouedrome.co.za tesame met 'n toestemmingsbriefie dat die snit op hierdie webblad gebruik mag word en dat dit 'n oorspronklike snit is, met ander woorde dat niemand anders die snit vantevore opgeneem het nie en dat jy die alleenreg op eerste opname van die snit het. Jy moet ook bevestig dat die liedjie reeds behoorlik by SAMRO of ander organsisasie geregistreer is.

MEER NUUS WORD BINNEKORT BEKENDGEMAAK.

Navrae: Elna Botha by info@gouedrome.co.za OF tel 082 706 9717.

REëLS

  • Reëls sal binnekort hier verskyn. Besoek hierdie bladsy gereeld.

     

    TALENTKOMPETISIES

        Klik hier om meer te lees oor talentkompetisies waaraan jy kan deelneem:

    2012 WOW!-STêR Kompetisies

    Hier leer jy (op 'n opbouende wyse) hoe om 'n stêr te word, wat om volgende te doen en ontmoet jy al die belangrike rolspelers in die musiekbedryf. Klik hier om meer te lees oor hierdie gewilde konsep.

    2012 DIE BURGER BAY FM SANGKOMPETISIE

    Vind gewoonlik gedurende Julie - September plaas. Hou hierdie spasie dop vir besonderhede sodra dit beskikbaar word.