
Die Riviermondsterfees is 'n splinternuwe fees waar van ons land se voorste kunstenaars optree. Die fees word aangebied in die Colchester-area (by die Kouga-hawe) op die walle van die Sondagsrivier.
Merk solank jou kalender sodat jy op 26 en 27 November niks anders doen nie. Dit is die twee dae wat jy jou sal kan verlustig in die heerlikste water- en ander sporte, musiek, stalletjies en dit is die regte fees om jou vakansie mee af te skop.
Van die interessantste nuus is dat die twee 2011 TOP IDOLS, Dave en Mark, op Sondag 27 November hulle eerste verskyning in die Oos-Kaap maak sedert Dave die Idols gewen het, Ander kunstenaars wat op die verhoog te sien sal wees is Wicus van der Merwe, Sorina die Flooze, André die skreeusnaakse Hipnotis, Jannie de Bruin met sy buikspraakpop Tommie, Mattheus, Marinus van Rooyen, Carina Renz, Gouwsie, Chezane, Bianca, ELSaBé Rademeyer, NRG, Zebra and Giraffe, Heinz Winckler, Bobby van Jaarsveld en selfs 'n Gospel sangbediening vanaf 9uur die Sondagoggend deur die Impetus Orkes.
Kaartjies teen slegs R70 per dag (of R120 vir die naweek) is beskikbaar vir volwassense, terwyl kinders teen R30 per dag (of R50 vir die naweek) sal kan ingaan. Kry jou kaartjie vooraf by Westway Kafee om lang toue by die hek te vermy.