Goue Drome kry geweldig baie besoekers van regoor die wêreld. Sommiges wil net sien wat daar in die Oos-Kaap se vermaaklikheidsbedryf aan die gang is, terwyl ander weer op pad is om vakansie te kom hou.
Platemaatskappye loer deur die webblad om te sien hoe hulle kunstenaars se nuutste vrystellings bekendgestel word. Mense wat kunstenaars soek vir feeste kom loer hier en diegene wat weer by feeste in die Oos-Kaap wil kom optree wil ook weet wat aangaan. Feeste, venues, konserte en ander optredes lok baie belangstelling.
Ons grootste aantrekkingskrag is die GOUE DROME VERMAAKGIDS en dan is die GOUE DROME NASIONALE TOP 10 en die BAY FM MUSIEK MET 'FEEL'-bladsye ewe gewild.
Daar is dus baie "voete" hier by ons en ons maak seker dat die meeste voete vir 'n rukkie bly en rondblaai. Adverteerders kry daarom ook baie waarde met al hierdie geskarrel en woekery deur ons webblad.
Tree gerus met ons in verbinding as u aan 'n manier kan dink hoe GOUE DROME vir u van betekenis kan wees. Ons gesels graag saam.